Soos 2023 na ‘n einde toe stap wonder ek soms. Wat het ek die jaar bereik? Geestelik en Emosioneel het ek gegroei maar anders as dit, net mooi niks.
Mense het gekom en gegaan in my lewe. “Some has been there through the season – Others for a reason”
Een ding is verseker 2023 het bygelas tot die mens wat ek vandag is. “The good – The bad and The Ugly” Alles van 2023
Geitjie
Blogs
Was jy al so moeg
Dat jy soms voel jy wil sommer vir jou skaduwee ook wegkruip….
AltydIets TeSê

Vandag is een van daardie dae gewees. Nooit gedink mens kan so oor ‘n jaar wees soos ek vandag nie.
Ek dink ons mamma’s voel anders oor ‘n jaar. Ons werk 24/7. Of dit nou by die werk is of by die huis. Ons is altyd op standby:
- Fisiese bystand
- Emosionele bystand
Ons is soveel meer as net Moeder. Ons is:
- Mamma
- Vrou
- Dokter
- Sielkundige
- Opvoeder
- Kok
- Bediende en soveel meer…
Vandag wil ek vir jou sê – Moë Mamma, bytvas. Die jaar se uurglas is amper leeg maar dan begin alles van vooraf. Jy is sterk, jy is wys, jy doen dit al vir jare. Sterk staan.
AltydIets
Hello..
Welkom by AltydIets ….
Waar opinies gelig kan word en mens net lekker kan gesels oor alles alledaags
AltydIets TeSê
