Dat jy soms voel jy wil sommer vir jou skaduwee ook wegkruip….
AltydIets TeSê

Vandag is een van daardie dae gewees. Nooit gedink mens kan so oor ‘n jaar wees soos ek vandag nie.
Ek dink ons mamma’s voel anders oor ‘n jaar. Ons werk 24/7. Of dit nou by die werk is of by die huis. Ons is altyd op standby:
- Fisiese bystand
- Emosionele bystand
Ons is soveel meer as net Moeder. Ons is:
- Mamma
- Vrou
- Dokter
- Sielkundige
- Opvoeder
- Kok
- Bediende en soveel meer…
Vandag wil ek vir jou sê – Moë Mamma, bytvas. Die jaar se uurglas is amper leeg maar dan begin alles van vooraf. Jy is sterk, jy is wys, jy doen dit al vir jare. Sterk staan.
AltydIets
